Amushelelo sluit weer by NEFF aan

Die berugte aktivis Michael Amushelelo het weer by die Namibia Economic Freedom Fighters aangesluit. Hy het die NEFF verlaat toe die party in Junie deur die Verkiesingskommissie gederegistreer is en by die LPM aangesluit. Die NEFF is sedertdien herregistreer as ‘n politieke party na ‘n hofbevel. Amushelelo was ook al ‘n lid van die Affirmative Repositioning Movement. Amushelelo het lede van die NEFF togespreek na sy heraansluiting.