Amushelelo se Walvis-saak staan stil

Die nou-berugte aktivis Michael Amushelelo het weer op Walvisbaai in die laerhof verskyn. Hy het op 27 Januarie vanjaar ter ondersteuning van die 25-jarige Fabiolla Zondjembo wat werksaam was by Shoprite, Walvisbaai en op 25 Januarie selfmoord aan die kus gepleeg het – blykbaar oor bestuurders wat haar swak behandel het, ‘n optog gereël. Dinge het hand uit geruk en hy is gearresteer op verskeie klagte. Hy het 3 000 Namibiese dollar se borg gekry. Sy prokureur Kadhila Amoomo sê die aanklaer-generaal het nog nie besluit oor sy vervolging nie en die kwessie is tot 14 Maart volgende jaar uitgestel.