Amushelelo sê regering is korrup, hy mag nie na SA reis nie

Omstrede NEFF-lid Michael Amushelelo sê op sy sosiale media platforms dat die korrupte Namibiese regering hom weier om na Suid-Afrika te reis vir die EFF se aankondiging van sy verkiesingsmanifes. Dit word die naweek in Durban deur Julius Malema bekend gestel. Amushelelo is toestemming geweier as gevolg van sy borgvoorwaardes in verband met sy geldwasserysaak. Amushelelo het die hoërhof genader vir ‘n wysiging maar die aansoek is uitgegooi. Regter Hosea Angula sê die borgvoorwaardes is nie by die hoërhof geliasseer nie maar by die landdroshof en dus het hy geen mandaat om die saak aan te hoor nie.