Amushelelo se optrede by Namib Mills sal sy sak ruk
Kostes word vandag bepaal in die saak wat Namib Mills teen Michael Amushelelo gewen het. Mills het gevra vir ‘n interdik dat Amushelelo nie ingange na die maatskappy se persele versper, dreig om sy bedrywighede te staak en ander dreigemente teen die maatskappy maak nie. Regter Hannelie Prinsloo het op 27 Mei beveel dat Amushelelo Namib Mills se regskoste moet betaal. Sy het in haar uitspraak gesê Amushelelo het opruiende uitsprake teen Namib Mills op sosiale media gemaak, en sy dreigemente kan kriminele dade aanhits. Namib Mills se totale koste-eis staan op rondom 350 000 Namibiese dollar.