Amushelelo se optog vind vandag plaas
Die aktivis en lid van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo sal vandag sy optog teen jeugwerkloosheid hou. Dit begin om agt-uur by die jeugkompleks in Katutura. Amushelelo het toestemming vir die optog, na verlede jaar se chaos wat hom sewe maande agter tralies gelaat het, by die Namibiese polisie ontvang. Hy doen ‘n beroep op alle jongmense in die hoofstad om by hom aan te sluit. Sy regsman Kadhila Amoomo sê sy span sal ook teenwoordig wees sou daar regsuitdagings kom. Jeugwerkloosheid is ‘n reuse-uitdagings in die land met meer as die helfte van jongmense wat werkloos is.