Amushelelo, Nawa-Mukena hoor van grondwetlikheid-saak

Uitspraak word vandag verwag in die uitdaging teen die grondwetlikheid van ‘n artikel van die Strafproseswet wat deur bedrogbeskuldigde Manga Nawa-Mukena en haar man Joseph asook Michael Amushelelo voor drie regters van die Windhoekse hooggeregshof gebring is. Die Mukenas en Amushelelo wil hê die hof moet die deel wat aan polisiebeamptes magtiging gee om kennisgewings aan instansies uit te reik om persoonlike inligting oor verdagtes in ‘n kriminele saak ongrondwetlik te kry, as ongrondwetlik verklaar. Regters Hosea Angula, Thomas Masuku en Nate Ndauendapo hanteer die saak.