Amushelelo moes in Walvisbaai-hof verskyn

Die omstrede menseregte- en arbeidsaktivis Michael Amushelelo moes vandag in die Walvisbaai-landdroshof verskyn het, maar hy verskyn ook vandag op soortgelyke klagte in die Windhoek-landdroshof in Katutura saam met sy medebeskuldigdes Dimbulukeni Nauyoma en Inna Hengari. Die twee is op borgtog vrygelaat, maar Amushelelo is steeds  in aanhouding op Seeis nadat hulle op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem is. Hy staan tereg op vier klagte. Kosmos 94.1 Nuus het met sy Windhoekse prokureur Kadhila Amoomo gepraat…