Amushelelo looi die Swapo-regering

Michael Amushelelo, die bekende en omstrede handelaar en buitelandse valuta en tans die Namibia Economic Freedom Fighters se kommissaris vir ekonomiese ontwikkeling, het die Namibiese arbeidsministerie op sosiale media gekritiseer as die mees nuttelose ministerie. Die party het onlangs aangekondig dat Amushelelo by hulle aangesluit het. Amushelelo het bygevoeg dat die regering nie omgee vir die uitbuiting van Namibiese werkers nie.