Amushelelo is gearresteer
Die Khomas streeksbevelvoerder kommissaris Ismael Basson het bevestig dat Michael Amushelelo in hegtenis geneem is. Dit kom na die opdrag deur die polisiehoof inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga gegee is. Amushelelo het gister, volgens owerhede, vir die soveelste keer besighede in die hoofstad gedwing om te sluit. Ingevolge die wet, kan politieke partye, in Amushelelo se geval die Namibia Economic Freedom Fighters, nie in die aktiwiteite betrokke raak nie.