Amushelelo gesels oor nuwe vakbond

Arbeidsaktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo het ‘n nuwe vakbond aangekondig, die Nasionale Unie van Kleinhandel-industrie Werkers. Hy sê daar is verskeie uitdagings in die sektor. Hy voeg by dat van die kleinhandelsreuse in die land reeds werkers gedreig het met afdanking sou hulle by die vakbond aansluit. Amushelelo sê dit is onaanvaarbaar en teen die wet.

Hy sê die vakbond sal streng hou by die werkers se regte en sal verseker dat hulle beskerm word, veral met salarisse en voordele.