Amushelelo dagvaar vir N$10m in skadevergoeding

Die arbeidsaktivis en NEFF-lid, Michael Amushelelo, sê hy sal die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo, en die minister Albert Kawana, vir 10 miljoen Namibiese dollar dagvaar vir kwaadwillige vervolging, skending van menswaardigheid en onregmatige arrestasie en aanhouding na hy Vrydag vrygelaat is en die hof die saak teen hom uitgegooi het. Intussen het hy op sy sosiale media platforms melding gemaak van fop-rekeninge op die platforms wat in sy naam beleggings aanbied. Amushelelo, sê beide sy naam en die van sy vrou, Julieta word gebruik. Hy sê dit is nie hulle nie en mense moet versigtig wees.

 Amushelelo beveg tans verskeie klagte in verband met beleggings en handel in buitelandse valuta in die hoërhof. Hy word op verskeie klagte, wat bedrog en geldwassery insluit, aangekla.