Amushelelo by Unam-ingang gearresteer

Die berugte Michael Amushelelo, nou ‘n lid van Landless People’s Movement, is by die Universiteit van Namibië in hegtenis geneem. Dit kom terwyl lede van die LPM se jeugbevel die ingange van Unam se hoofkampus in Windhoek versper het. Hulle het betoog omdat hulle nie toegelaat is om politieke aktiwiteite op kampus te hou nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Namesho, Unam se woordvoerder, wat verduidelik.