Amushelelo buit jeug uit – Swapo-jeugliga
Michael Amushelelo dreig dat hy en alle werklose Namibiërs vandag enige regeringskantoor sal betree en begin werk in enige posisie wat hulle wil. Dit is volgens hom omdat premier Saara Kuugongelwa-Amadhila nie ‘n noodtoestand oor werkloosheid afgekondig het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, wat sê dat jongmense nie moet toelaat dat mense met politieke agendas hulle uitbuit nie.
Volgens Nekongo verskaf die regering werk aan meer as 56 persent van alle Namibiese werkers, maar moet besighede bemagtig om meer mense aan te stel.