Amushelelo beplan nasionale staking van veiligheidswagte

Die aktivis en lid van die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters, Michael Amushelelo, het aan die Namibiese Polisiemag kennis gegee dat hy beplan om op Dinsdag, 9 April weer ‘n nasionale staking vir veiligheidswagte te hou. Die doel van die staking is om te verseker dat alle veiligheidswagte ‘n minimum uurlikse tarief van 15 Namibiese dollar betaal word. Amushelelo sê hy het al die sekuriteitsmaatskappye die geleentheid gegee om hom voor 5 April te kontak om ‘n nasionale staking af te weer, maar nie een het hieraan gehoor gegee nie. Amushelelo versoek NamPol om polisiebeamptes te ontplooi om kitsbanke, banke, winkels, klinieke en alle plekke waar veiligheidswagte diens sou doen, te bewaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.