Amupanda wil Namport se Terminal Investment kontrak sien

Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging eis om toegang te kry tot die kontrak wat Namport met Terminal Investment aangegaan het vir die vraghouer-konsessie op Walvisbaai. Namport het aangekondig dat Switserland se Terminal Investment die suksesvolle bieër is vir ‘n vraghouer-hantering konsessie by sy nuwe terminaal op Walvisbaai. Namport het gesê die konsessie, effektief 1 Oktober vanjaar, vir 25 jaar sal duur. Die besluit vir ‘n konsessie is geneem omdat privaat kapitaal nodig is om verskeie verbeterings by die hawe aan te bring.