Amupanda was toe reg – werkloosheidsyfers is nie gedeel nie
Die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus Hoofverslag is deur die Namibië Statistieke Agentskap vrygestel, maar sonder die indiensneming- en werkloosheidsyfers. Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het vroeër beweer die regering het opdrag gegee om hierdie data terug te hou tot na die verkiesing, omdat die werkloosheidsyfer glo tot meer as 50 persent gestyg het. Die Statistieke Agentskap het dit ten sterkste ontken en gesê alle belanghebbendes kry die statistieke op dieselfde tyd. Kosmos 94.1 Nuus het met Amupanda gesels, wat sê hy is nie verbaas nie want dit is wat korrupte mense doen.