Amupanda soek moles na laster-skuldigbevinding

Die voorblad van die Engelse dagblad Namibian Sun het tong in die kies berig oor die oorwinning wat Maureen Hinda-Mbuende in die hoërhof lastersaak teen Job Amupanda gehad het. Hy moet haar 100 000 Namibiese dollar in skadevergoeding betaal daarvoor. Hy het op die koerant se plasing van sy voorblad op X amper presies dieselfde gesê as die plasing wat hom in die sop beland het… “It looks like Deputy Minister of Finance Maureen Hinda is a super striker of “Yellow Eggs FC” and the President is the captain of “Black Stars FC”. Maureen looks soo WizWiz it’s like she is a left-legged striker. Does this game have VAR? It clearly looks like it’s an offside.”