Amupanda sê dis presies die hooggeplaastes wat korrup is

Die aktivis en onafhanklike presidentskandidaat Job Amupanda het gereageer op die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila wat die Teenkorrupsie- en Integriteitsforum vandag en môre in Parys, Frankryk bywoon. Die geleentheid bring leiers van regoor die wêreld byeen om nuwe denke en insigte te deel en om ondersoek in te stel oor hoe teenkorrupsiebeleide en integriteitsraamwerke kan verbeter. Amupanda sê dit kan moontlik ‘n bydrae maak maar, die hooggeplaastes in die land is die wat betrokke is by korrupsie.