Amupanda getuig in dagvaardiging-saak

Die saak tussen die adjunkminister van finansies Maureen Hinda-Mbuende en Job Amupanda word vandag voortgesit voor regter Hosea Angula. Amupanda is in die getuiebank. Hinda-Mbuende dagvaar hom vir ‘n miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na hy ‘n plasing oor haar op sosiale media gemaak het. In die plasing sê hy, saam met ‘n foto van haar, “It looks like deputy minister of finance Maureen Hinda during the liberation struggle. Maureen was soo WizWiz. It’s like she won’t think twice about taking a knife out!” Die plasing is op 28 Julie in 2021 gemaak. Amupanda het getuig dat hy gepoog het om haar as patriotiese vryheidsvergter uit te maak en sê Hinda-Mbuende se dagvaardiging is nie net polities gemotiveerd nie maar ook dat sy kwaad is vir hom omdat sy aangetrokke is tot hom en hy nie tot haar nie.