Amupanda beledig Schlettwein oor moontlike rooilynverskuiwing

Daar is planne om die veeartseny-kordonheining, bekend as die rooilyn, verder noord te verskuif. Dit is volgens landbouminister Calle Schlettwein. Die heining beskerm die kommersiële deel van Namibië se veeproduksie teen bek-en-klouseer. Reaksie is ontvang van die leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, Job Amupanda, wat in die hof is vir die verwydering van die rooilyn. Hy is nie opgewonde nie.