Amupanda bedel vir aalmoese vir sy veldtog

Die Regstellende Herposisionering-beweging doen ‘n beroep op die publiek vir finansiële bydraes om sy politieke veldtog te betaal met sy leier Job Amupanda wat sy eerste poging tot die presidensie maak. Volgens Amupanda sal elke 100 Namibiese dollar help. Hy sê die beweging ontvang geen geld van gedefinieerde institusionele of goed gevestigde bronne nie, anders as bestaande politieke partye wat fondse van die parlement, die Chinese, Londen of deur korrupsie ontvang. Amupanda het verlede jaar sy presidensiële ambisies deur reklameborde landwyd aangekondig. Die duur oefening sou sowat 65 000 dollar gekos het om sy gesig vir gemiddeld drie maande gemonteer te hou. Die beweging het ook onlangs sy erwe-saak onttrek en moet net meer as 600 000 dollar in regskostes aan die staat betaal.