Amptenare wat by stropery betrokke is moet vervolg word
Die Privaat Vereniging van Renosterbewaringsreservate eis vinnige en ernstige optrede teen regeringsamptenare wat hulle skuldig maak aan stropingsverwante misdaad. Dit volg op die heraanstelling van ‘n natuurbewaringsbeampte van Noordwes se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme, Mxolisi Stephen, wat voorheen aangekla is van beweerde stropingsoortredings. Daar is agt aanklagte teen Stephen van die beweerde verwydering van renosterhorings en die vervoer daarvan sonder permitte. Glen Phillips van die vereniging vra aanspreeklikheid.