Amptenare mag lenings kry teen pensioen

Staatsamptenare kan nou hul pensioenfondse as kollateraal gebruik om vir lenings by hul verskillende banke te kwalifiseer. Die lening behels nie direkte lenings van opgehoopte pensioenfondse nie, maar werk as ‘n indirekte lening. Finansminister Ipumbu Shiimi het die maatreël vandag in die parlement aangekondig ná ’n vraag deur Elma Dienda, PDM-parlementslid.

Die maksimum leningsbedrag is beperk tot 70 persent van amptenare se een-derde enkelbedrag. Die ooreenkoms met banke is nog aan die gang.