Amper twee-derdes van Suid-Afrikaners kom nie uit op hul salarisse nie
ʼn Verslag oor finansiële gesondheid deur Nedbank het onthul 62 persent Suid-Afrikaners bestee meer as hulle inkomste. Die jaarlikse verbruikersprysinflasie het verlede maand tot 5,4 persent gestyg teenoor 4,8 persent in Augustus. Dit is die tweede agtereenvolgende styging. Frank Magwegwe van Nedbank sê verbruikers sukkel om inkomste en uitgawes te balanseer en baie leen geld by familielede en geldskieters om hulle begroting te laat klop: