Amper skoutyd in Windhoek!
Dit is alweer amper tyd vir die jaarlikse Windhoekse skou. Besoekers aan Windhoek skou 2023 kan niks anders as die beste in vermaak, kos, drinkgoed en vele meer verwag nie. Die skougronde is gereed om van die 22ste tot die 30ste September die hekke oop te gooi. Harald Schmidt, hoof uitvoerende beampte van die Windhoek Skouvereniging, sê dat voorbereidings baie goed verloop en dat daar heelwat verrassings vir besoekers wag. Schmidt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat: