Amper N$53m in mosiehof geëis

Die weeklikse mosie hofrol het 102 aansoeke vir verstekvonnisse hanteer waarvan 12 reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 50 van al die aansoeke gebring en die twee sessies is deur regters Eileen Rakow en Herman Oosthuizen hanteer. Banke soek 26 eiendomme ter waarde van net meer as 42 miljoen Namibiese dollar terug, sowel as 23 lenings waar 8,5 miljoen dollar nou betaalbaar is. Een voertuig moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Collins Parker 51 onverdedigde egskeidings hanteer.