Amper N$317 000 gesteel by Fisheries Observer Agency
Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van diefstal, bedrog, vervalsing en geldwassery na 316 717 Namibiese dollar Desember 2022 en Oktober 2023 by Fisheries Observer Agency op Walvisbaai gesteel is. Daar word beweer dat die verdagte wat by die maatskappy werksaam was, die krediteure se bankrekeninge wederregtelik en opsetlik vervals het deur eie persoonlike rekeningnommers in te voeg vir betalings. Die verdagte het by die maatskappy bedank maar is bekend. Geen van die fondse is teruggevind nie en die ondersoek duur voort.