Amper 900 000 entstowwe na Afrika vir M-pokke

’n Aanvanklike 899 000 dosisse entstof is toegeken vir nege lande regoor Afrika wat swaar getref is deur die huidige M-pokke-oplewing. Die WGO het die siekte vir die tweede keer in twee jaar in Augustus as ‘n wêreldwye noodgeval vir openbare gesondheid verklaar nadat ‘n nuwe variant van die virus, Clade Ib, vanaf die Demokratiese Republiek van die Kongo na buurlande versprei het. Die organisasie het ook ‘n skema op die been gebring om te help om die entstowwe, toetse en behandelings na die kwesbaarste mense in die wêreld se armste lande te bring, soortgelyk aan pogings tydens die Covid-19-pandemie.