Amper 700 000 SIM-kaarte nog nie geregistreer nie

Emilia Nghikembua, die uitvoerende hoof van die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het aangekondig dat die sperdatum vir SIM-registrasies steeds 31 Maart is. Sy sê Namibië het 2 387 230 aktiewe SIM-gebruikers en 1 687 742 van hierdie SIM-kaarte, of 70,6 persent, is suksesvol geregistreer. Ongeregistreerde SIM-kaarte sal opgeskort word vir ‘n tydperk van drie maande vanaf 1 April. Nghikembua vertel meer.