Amper 60% soek werk, waar’s die amptelike NSA-syfers?

‘n Afrobarometer ontleding toon dat 60 persent van Namibiërs bo die ouderdom van 18, wat graag wil werk, vanjaar werkloos is. Voltydse werkers het vanjaar gedaal na net bo 30 persent met deeltydse werkers wat ook afgeneem het na ongeveer 16 persent. Die Namibiese Statistieke-agentskap het sedert 2018 geen werkloosheidsyfers bekend gemaak nie. Kommentators meen dat die rede hoekom die agentskap nog nie die sensus se werkloosheidsyfers bekend gestel het nie is as gevolg van die verkiesings in November.