Amper 50% van Namibiërs kort voedselhulp

Ongeveer die helfte van Namibië se bevolking, of  1,4 miljoen mense, sal tussen Julie en September vanjaar voedsel onseker wees. Die nuus kom te midde van 2 000 gevalle van wanvoeding van landwyd aangemeld is met Karas en Omaheke op die hoogste vlakke. Die kantoor van die eerste minister het die syfers bekend gemaak tydens die  jongste droogtesituasieverslag en sê 342 000 huishouding sal versorg moet word.