Amper 14% maak staat op oumenspensioen as hoof inkomstebron

Amper 47 persent van net meer as 756 000 huishoudings in die land maak staat op ‘n salaris as hoofbron van inkomste. Van die groep is amper 60 persent in stedelike gebiede net die res, landelik. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se sensus-uitslae is daar ‘n skokkende 13,8 persent van huishoudings wat staatmaak op die oumens pensioen as oorlewingsbron met amper 11 persent wat op boerdery staatmaak en 3,6 persent op ander regeringstoelae.