Amper 10 GBV-sake daagliks in Namibië

Volgens die jongste berigte was daar tussen 2020 en 2022 sowat 10 500 gevalle van geslagsgeweld in Namibië aangemeld. Dit beteken volgens kenners dat gevalle baie hoër is omdat ongeveer ‘n derde van alle gevalle aangemeld word met die res wat nie gerapporteer word nie. Die gemiddeld is dat ongeveer een uit elke drie vroue en meisies in Namibië aan die tipe geweld blootgestel word. Navorsing deur Afrobarometer toon dat die helfte van Namibiese mans glo dat geslagsgeweld nooit geregverdig kan word nie, terwyl vier uit tien meen dat daar somtyds ‘n goeie rede is om jou vrou fisies te dissiplineer.