Amoomo bring saak oor wettiging van dagga

Kadhila Amoomo Regspraktisyns het ‘n saak by die hooggeregshof aanhangig gemaak om die private gebruik van dagga vir gesondheids- en ontspanningsdoeleindes te wettig. Die kantoor van die staatsprokureur staan dit teen. Die saak, wat pleit vir die reg van volwassenes om dagga privaat te kweek en te verbruik, sal op 15 Oktober aangehoor word. Die regspan voer aan dat mense uit armer gebiede in hegtenis geneem word vir die besit van dagga, maar diegene uit welvarende gebiede net “hippies” genoem word en minder gepenaliseer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Kadhila Amoomo gepraat.