Amnestie soek menseregte-waarborge van Fifa

Amnestie Internasionaal wil hê Fifa moet toesien dat tenders van gashere vir die 2030 en 2034 Wêreldbeker op ‘n deursigtige wyse menseregte beveilig. Fifa het in Oktober verlede jaar die 2030 Wêreldbekerkompetisie aan Marokko, Spanje en Portugal toegeken terwyl Saoedi-Arabië die enigste tender vir die 2034-kompetisie is. Steve Cockburn van Amnestie Internasionaal sê die geskiedenis toon die Wêreldbeker kan ‘n bron van waardigheid óf uitbuiting, inklusiwiteit óf diskriminasie, en vryheid óf onderdrukking wees.