Amnestie Internasionaal beveel Senegal om ondersoek na geweld te doen

Amnestie Internasionaal het ‘n beroep op die owerheid in Senegal gedoen om ‘n onafhanklike en geloofwaardige ondersoek uit te voer na die dodelike geweld tydens betogings verlede week. Volgens die regering is 16 mense tydens die geweld dood, maar Amnestie Internasionaal sê die dodetal staan op minstens 23, onder wie drie kinders. Die protes-optrede het gevolg nadat die opposisieleier, Ousmane Sonko tot twee jaar tronkstraf gevonnis is vir immorele gedrag. Sy ondersteuners sê die aanklagte teen hom is polities gemotiveerd.