Amerikaners wil vandag (hopelik) appelleer

Die twee Amerikaanse moordenaars, Kevan Townsend en Marcus Thomas, sal vandag weer poog om voor regter Christie Liebenberg te vra vir verlof tot appèl. Die saak is twee keer uitgestel vir Thomas se privaat regsverteenwoordiging. Hy het Kadhila Amoomo aangestel maar daar was verskeie vertragings. Die twee, wat in Januarie 2011 Andre Heckmair doodgeskiet het, is onderskeidelik 29 en 30 jaar vonnisse opgelê. Hulle wil teen hulle skuldigbevinding en vonnisse appelleer.