Amerikaners teiken spesifieke Houthi-fasiliteite

Die Amerikaanse weermag het lugaanvalle in Jemen uitgevoer teen die Iran-gesteunde Houthis, met vyf ondergrondse wapenopslagplekke as teiken. Die geriewe het verskeie wapenkomponente bevat wat gebruik is om vaartuie in die Midde-Ooste te teiken. Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin, sê die aanvalle is ‘n unieke bewys van die VSA se vermoë om geriewe te teiken wat sy teenstanders buite bereik probeer hou. Hy voeg by hulle sal dit steeds duidelik maak aan die Houthis dat daar gevolge sal wees vir hulle onwettige en roekelose aanvalle.