Amerikaners stel vandag vroue-akademie op Walvis bekend

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, stel vandag amptelik die Academy for Women Entrepreneurs op Walvisbaai bekend. Die akademie wat in 2020 in Namibië gestig is, bied aan vroue-entrepreneurs die gereedskap wat nodig is om hul eie besighede te skep en te laat groei, kapitaal in te samel en effektief met ander suksesvolle sake-eienaars van regoor die wêreld te netwerk. Die geleentheid vind vanoggend by die Walvisbaaise munisipaliteit se biblioteek plaas.