Amerikaners sê hulle sal enigeen uitroep wat Rusland in sy oorlog ondersteun
Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake sê sy land sal hom uitspreek teen enige land wat stappe doen om Rusland se onwettige en wrede oorlog in Oekraïne te ondersteun. Dit volg nadat die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, beweer het ‘n Russiese skip is verlede Desember in die Simonstad-vlootbasis in Kaapstad vol wapens en ammunisie gelaai. President Cyril Ramaphosa sê hy sal ‘n onafhanklike kommissie tot stand bring om die bewerings te ondersoek. Die departement se adjunkwoordvoerder, Vedant Patel, sê hierdie bewerings is uiters kommerwekkend: