Amerikaners sê 20 000 Russe dood in afgelope 5 maande in oorlog

Die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad het bekend gemaak daar is die afgelope vyf maande meer as 20 000 Russiese soldate dood en meer as 80 000 beseer in gevegte in Oekraïne. Die meeste het in dodelike loopgraaf-oorlogvoering by die stad Bakhmut gesterf. Moskou het herhaaldelik beweer die stad is op die rand van oorgawe. Die raad se woordvoerder, John Kirby, het nuwe, gedeklassifiseerde inligting aangehaal en sê die waarheid is dat Rusland se invalspogings geboemerang het ná maande se gevegte en buitengewone verliese.