Amerikaners sal inligting oor Covid-oorsprong deklassifiseer

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het eenparig gestem om inligting te deklassifiseer oor ‘n moontlike verband tussen die Covid-19-pandemie en ‘n Chinese laboratorium waar die dodelike virus vermoedelik uitgelek het. Internasionale nuusagentskappe berig die Senaat het verlede week reeds gestem die direkteur van Nasionale Intelligensie Avril Haines moet die materiaal deklassifiseer, wat beteken die wetsontwerp gaan nou na die Withuis vir President Joe Biden se handtekening. Die Covid-19-uitbreking, wat in 2019 begin het in die oostelike Chinese stad Wuhan, het  tot dusver wêreldwyd gelei tot byna 7 miljoen sterftes.