Amerikaners het Rusland gewaarsku
Die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad sê hy het Rusland vroeër die maand gewaarsku teen ‘n moontlike aanval deur die Islamitiese Staat. Minstens 137 mense, insluitend drie kinders, is dood in ‘n aanval Vrydagaand by ‘n konsertlokaal in Moskou. Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Die Kremlin het die waarskuwing vroeër as propaganda afgemaak. Vier mans het intussen in die hof verskyn.