Amerikaners gee min geld uit

Amerikaanse kleinhandelsyfers vir Mei is die tweede agtereenvolgende maand swakker as verwag. Die data vir April is ook laer aangepas. Die verslag toon verbruikers bestee minder as verwag, ʼn goeie teken vir die Federale Reserweraad wat steeds verhoogde inflasie na sy langtermyn teiken van twee-persent wil afdruk, deur rentekoerse hoër te hou. Hoër rentekoerse verhoog die leenkoste vir ondernemings en verbruikers wat gevolglik die vraag verminder en die koers waarteen pryse styg, verlaag.