Amerikaner vas in Rusland vir dwelms

‘n Amerikaanse burger is in Rusland aangehou op dwelmaanklagte wat tot 20 jaar tronkstraf kan oplewer. Moskou se Ostankino-distrikshof sê dat Robert Romanov Woodland tot 5 Maart in aanhouding is op aanklagte wat verband hou met die onwettige verkryging of besit van dwelms. Woodland, 32, is aangekla van poging tot grootskaalse vervaardiging en verkoop van onwettige dwelms. Hy is op 5 Januarie gearresteer. Internasionale nuusagentskappe berig dat ‘n Facebook-rekening in die naam van Robert Woodland dui aan dat hy as ‘n Engelse onderwyser in Rusland gewerk het en buite Moskou gewoon het. Hy is in 1993 deur Amerikaners vanuit Rusland aangeneem. Hy het in die VSA grootgeword en het later na Rusland teruggekeer.