Amerikaner eerste wat skuldig bevind word aan SAL-korrupsie

Die Amerikaanse Departement van Justisie het Julian Aires skuldig bevind aan die omkoop van amptenare van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, onder wie die direkteur Yakhe Kwinana. Dit is die eerste staatskaping-skuldigbevinding by SAL. Aires, wat gehelp is deur vennote in ‘n gesamentlike onderneming, het omkoopgeld deur JM Aviation deurgevoer na amptenare van SAL om kontrakte te bekom met AAR Corp en Swissport. Aires het in ‘n pleitooreenkoms skuld erken en die ander twee internasionale maatskappye betrek. Sy straf moet nog bepaal word.