Amerikaanse wetgewers keur (uiteindelik) hulppakket goed
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het Saterdag ‘n pakket van 95 miljard Amerikaanse dollar goedgekeur wat veiligheidshulp aan Oekraïne, Israel en Taiwan verskaf. Die wetgewing gaan nou oor na die Senaat wat dit na verwagting sal goedkeur. Die pakket verskaf 60,84 miljard Amerikaanse dollar aan die Oekraïne, 26 miljard dollar vir Israel, insluitend 9,1 miljard dollar vir humanitêre behoeftes in Gaza en 17 miljard dollar vir Israel se verdediging, en 8,12 miljard dollar vir die Indo-Stille Oseaan, insluitend Taiwan.