Amerikaanse weermag sal net raad gee in IrakJuly 27, 2021
President Joe Biden sê die VSA sal sy militêre veldtog in Irak teen die einde van die jaar beëindig. Daar is tans 2 500 Amerikaanse soldate in Irak nadat die voormalige president Donald Trump die getal verlede jaar met 3 000 verminder het. Biden, het die Irakese eerste minister Mustafa al-Kadhimi in die Withuis ontmoet en gesê die plan is om die Amerikaanse militêre sending in Irak slegs raadgewend en opleidingsgerig te maak: