Amerikaanse saakgelastigde in Namibië sê geslagsgeweld moet nou eindig

Môre is die Internasionale Dag vir die Beëindiging van Geweld teen Vroue. Jessica Long, die Amerikaanse saakgelastigde in Namibië, het in haar boodskap beklemtoon dat geweld teen vroue en meisies nou moet eindig. Sy sê meer as een uit elke drie vroue ervaar geweld in hul leeftyd en dit is dikwels deur iemand vir wie hulle lief is. Long sê daar is geen verskoning vir geslagsgeweld nie.