Amerikaanse rentekoers bring heel ander reaksie as gewoonweg – ekonoom sê

‘n Verhoging in die Amerikaanse Federale Reserwebank se rentekoers versterk normaalweg die Amerikaanse dollar en dwing dan oliepryse af. Maar, met die 25-basispunt verhoging van die bank aangekondig het, het die teenoorgestelde gebeur: Die Amerikaanse dollar het vandag verswak en het inteendeel met amper 2 persent sedert Woensdag teruggesak terwyl Brent effe gestyg het en net onder 76 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel. Amerikaanse markte het na die aankondiging gedaal en Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende ekonoom Dawie Roodt gesels oor presies wat die reaksie uitgelok het.